Graad 1


4 Mei

Vanaf Maandag 4 Mei word al die WhatsApp-boodskappe deur die onderwysers na HS Bonnievale se gratis nuwe e-leerplatform, Microsoft Teams, oorgelaai en nie meer na hierdie webblad toe nie. WhatsApp sal egter steeds die primêre bron van kommunikasie met ouers en leerders wees.

Vra jou nuwe e-posadres en password deur vir mnr. Stefan Prins ‘n WhatsApp te stuur na 0723947750.

Teams is maklik en lekker om te gebruik. Kyk hier:

Kyk hoe om Microsoft Teams op jou selfoon of tablet te installeer:

Ons stel ook voor dat jy Office op jou selfoon installeer om dokumente te kan oopmaak. Kry dit HIER.

En OneDrive, waarmee jy dokumente in die “cloud” kan stoor en aflaai. Kry dit HIER.

Jy teken met die selfde e-posadres by bogenoemde apps in as by Teams.

 

Kyk hoe om Microsoft Teams op ‘n rekenaar te gebruik:

 

Juf. Karlien Oosthuizen se nommer: 0823368930
Juf. Gerda Liebenberg se nommer: 0823203614

 

15 April

Vir diegene wat sukkel om die boekie oop te maak: gaan na google, tik in pdf en druk dan op pdf, of pdf app en dan verskyn pdf Reader for Android. Druk dan op install en laai dit af. As dit klaar install is, kan u die boekie gaan oopmaak. Hoop u kom reg. Mooi dag.

Ouers, Onthou tog om vrae en enige iets anders oor u kind aan my persoonlik te stuur sodat ons nie die hele groep pla nie. Baie dankie. Sterkte.

Hallo almal
Twee leesgroepies het nie die laaste 2 boeke se blaaie by hulle nie. Ek het die leerders se blaaie gelukkig by my en sal dit in die week by Spar probeer kry. Ek sal n boodskap stuur sodra dit daar afgelewer is.

 

14 April

Goeiemôre almal
Ek hoop almal het die laaste 2 weke se werk getrou geoefen. Ek stuur vandag die programmetjie van die week.
Jul gaan elke dag n letter vir handskrif, 3 of 4 woordjies om te skryf, n sin om reg te skommel en dan neer te skryf en jou gewone leeshuiswerk kry.
Ek sal met Spar reël om blanko werkboeke te kry, want jul huiswerk-skryfboeke gaan binnekort vol geskryf raak. ?

Goeie môre almal wat by die huiswerk betrokke is. Gister was mos vakansiedag so in die gedwonge vakansie. Ek hoop ons kinders het ook ‘n bietjie gerus. Ek gaan nou, soos beloof vir u ‘n spesiale boekie stuur wat as geheel dieselfde hoeveelheid data gebruik as 2 foto’ s van 2 takies. Omdat dit in pdf is, kan ek ongelukkig nie die boekie net in los bladsye per dag stuur nie, maar moet dit as geheel gestuur word. Werk rustig teen die kind se tempo. Sommige bladsye kan net mondeling gedoen word. So, asb. moenie skrik vir die aantal bladsye in die boek nie. Ons is nie veronderstel om dit in hierdie drie weke alles af te handel nie. Almal kan nou teen hulle eie pas werk. Indien u probleme ondervind, kontak my asb. persoonlik en nie op die groep nie. Baie dankie en lekker werk. U sal oplet daar is inligting wat u kan lees reg aan die einde van die boekie. Asb. werk rustig en mooi met die kinders sodat hulle steeds lief is vir wiskunde. Ons gaan nie punte vir die boekie verdien nie. Lekker week.

Graad-1-Wiskunde-COVID-19-Boekie

Graad 1_Interactive lesson plan_14-17 April

Spar sal môre by hul hoofkantoor navraag doen oor blanko-klaswerkboeke. Ek sal weer daaroor verslag doen.
Lekker aand.
Veilig wees ?