Graad 10 – Afrikaans


4 Mei

Vanaf Maandag 4 Mei word al die WhatsApp-boodskappe deur die onderwysers na HS Bonnievale se gratis nuwe e-leerplatform, Microsoft Teams, oorgelaai en nie meer na hierdie webblad toe nie. WhatsApp sal egter steeds die primêre bron van kommunikasie met ouers en leerders wees.T

Teams is maklik en lekker om te gebruik. Kyk hier:

Kyk hoe om Microsoft Teams op jou selfoon of tablet te installeer:

Ons stel ook voor dat jy Office op jou selfoon installeer om dokumente te kan oopmaak. Kry dit HIER.

En OneDrive, waarmee jy dokumente in die “cloud” kan stoor en aflaai. Kry dit HIER.

Jy teken met die selfde e-posadres by bogenoemde apps in as by Teams.

 

Kyk hoe om Microsoft Teams op ‘n rekenaar te gebruik:

 

Mnr. Stefan Prins se nommer: 072 394 7750

 

30 April

Môre graad 10’s

Vandag moet julle die oefeninge wat jul hierdie week gedoen het nasien asseblief. Die antwoorde volg hier onder.

Merk elke antwoord asseblief reg of verkeerd en as dit verkeerd is, skryf die korrekte antwoord by asseblief. Dit maak nie saak as AL jou antwoorde verkeerd was nie; solank jy die korrekte antwoord neerskryf en probeer leer uit jou fout.

Onthou ook van mnr. Els se opdrag so week of twee terug: jou ouers moet elke dag by al jou huiswerk teken (vir al jou vakke) met die datum by hulle handtekening.

Sterkte en kontak my as daar vrae is!

Akt. 7, bl. 67 se memo:

Nommer 7 en 8 op bl. 74 se antwoorde:

Hersiening vir volgende week sal Sondagaand of Maandagoggend opgelaai word. Geniet die naweek en veilig bly.

 

26 April

Goeienaand, graad 10’s

Ons gaan hierdie week verder met ons taalhersiening. Hier onder volg die roostertjie wat wys wat jy elke dag moet doen.

Sterkte vir julle en veilig bly!

24 April

Graad 10’s, hier volg die antwoorde van die taaloefeninge wat jy hierdie week moes doen.

Sien jou antwoorde deeglik na, skryf die korrekte antwoord by as joune verkeerd is.

Stuur vir my ‘n boodskap as jy sukkel of onseker is oor iets.

Wat Afrikaans betref, en as al jou werk op datum is, kan jy dan die naweek ‘n bietjie rus met die wete dat jy vandag slimmer is as wat jy Maandag was ?

Die volgende hersiening sal Maandag gegee word. Goedgaan met julle!

 

Aktiwiteit 7, bl. 48

Aktiwiteit 7, bl. 48

Hersien, bl. 56

 

20 April

Middag graad 10’s. Ek hoop julle vorder mooi met al die hersieningsaktiwiteite.

Hier is hierdie week se rooster vir aktiwiteite vir Afrikaans. Dit is nog net môre wat die 10ER en 10BR-klasse se aktwiteite verskil. Van Woensdag af doen beide klasse dieselfde.

Laat weet asseblief as daar iets is waarmee jy sukkel. Ek sal help. Goedgaan met julle en sterkte!

Fiela se Kind no. 64 tot 74 se antwoorde.

 

Fiela se Kind no. 75 tot 86 se antwoorde

 

Fiela se Kind no. 87 tot 104 se antwoorde

Die aktiwiteite wat julle van Woensdag af vanuit jul taalhandboeke moet doen tel ook as hersiening. Hoewel ons nog nie die werk hierdie jaar behandel het nie, is ALLE taalwerk in gr.10 tot 12 eintlik net hersiening van dit wat jy in gr. 3 tot 9 gedoen het.

 

14 April

10ER

Afrikaans

Middag graad 10ER

In Afrikaans fokus ons op hersiening tot die skole begin. Ons begin hierdie week met letterkunde se hersiening. Hier is die stukkie wat jy elke dag hierdie week moet doen.

Stuur ‘n boodskap as daar vrae is. Sterkte!

10 BRINK

Middag Graad 10Brink

Tydens die inperkingstyd gaan ek die aktiwiteite vir beide graad 10-klasse deurgee. Dit gee julle nuwe onderwyser, mnr. Rico Hunter, kans om eers op sy graad 8 en 9-klasse te fokus en dan kan julle mekaar ontmoet wanneer die skool weer begin.

In die tabel is die aktiwiteite wat jy elke dag hierdie week moet doen. Op hierdie stadium moes jy al lankal klaar gelees het aan Fiela se Kind. Ons maak dus hierdie week die vrae klaar.

Stuur ‘n boodskap as daar vrae is.

Ek stuur ook vir jou ‘n foto van die bladsy met die vrae op.

Sterkte en moenie agter raak nie! Doen elke dag jou stukkie in elke vak en jy sal ‘n slimmer mens ná die lockdown wees. Jou sukses hierdie jaar gaan meer as enige vorige gr.10-leerder van JOUSELF afhang.

Groete
Mnr. Prins

 

8 April 2020

Vir die van julle wat hierdie stiller tyd wil gebruik om jou skryfvaardighede vars te hou of verder op te skerp, skryf gerus in vir hierdie internasionale skryfkompetisie. Inskrywings moet teen 15 Mei aan my ge-e-pos word by stefanprins82@gmail.com asseblief; daarna help ek jou om jou inskrywing so perfek moontlik te kry. Stuur vir my ‘n WhatsApp-boodskap as jy vrae het.