Graad 10 – Lewenswetenskappe


Mnr. Pieter Brink se nommer: 066 478 3492

 

27 April

Môre julle! Ek hoop dit gaan nog goed met almal. Ek glo julle verlang ook al terug na die skool… Op hierdie stadium is dit nog onseker wanneer julle gaan terugkeer skool toe. Daar is altyd die gevaar dat jy dink dat jy nog baie tyd het, maar dat dit in werklikheid nie so is nie. Die geheim is om gedissiplineerd en met ‘n plan te werk. Ek stel steeds voor dat jy vroeg opstaan en 8 uur gereed is om met jou eerste vak te begin. Jy is op hierdie stadium veronderstel om 1 uur aan elke vak per dag te (vakke wat 8 periodes per week het) spandeer. Indien jy hou by plan, behoort dit nie te erg te wees nie.

Ek heg ‘n nuwe tema hierby aan (‘n langerige een). Dit moet asb. in jul werkboeke opgesom word. Gebruik steeds spasies en laat gedeeltes oop waar dit vir jou lyk of daar dalk sketse moet inkom. Hou jou werk netjies georden – dit leer soveel makliker!
Sterkte vir almal!

1A Organe – Blaar

1B Transpirasie

 

21 April

Hallo Julle. Ons hersieningsprogram eindig vandag. Ek wil net weer beklemtoon dat dit baie belangrik is dat jy wel die werk onder die knie het en dit goed ken. Die gevaar van hierdie hersiening is dat daar geen bewyse is dat jy dit gedoen het nie. Die bewyse sal eers kom wanneer jy toets of eksamen skryf. Ek stuur ‘n gedeelte van ‘n vraestel wat jy Wo – Vry moet uitwerk. Dit moet in jou werkboek gedoen word. Ek sal volgende week met nuwe werk begin, so sorg asb. dat al jou werk op datum is. Sterkte!

10 LW Hersiening KW1 Inperking 2020

10 LW Hersiening KW1 Inperking 2020

Ayran het omgeskakel na pdf vir ingeval almal nie die word-dokument kan oopmaak nie. Dankie, Ayran!

 

12 April

Hallo Almal. Met die verlengde Inperking is dit belangrik dat ons steeds aan die werk bly… Ons vermoed dat hulle ons leerplan gaan aanpas en daarom maak dit nie sin om nuwe werk te doen nie (dit mag wegval). Ons gaan dus die tyd gebruik om te hersien, want julle gaan definitief oor daardie werk eksamen skryf.
1. Maak seker dat al jou opsommings voltooi is.
2. Jy moet elke dag ten minste 30 min. aan LW spandeer, en indien nodig 1 uur (2 periodes).
3. Ek stuur hierna ‘n hersieningsrooster wat jy asb. moet volg. Sorg dat jy die werk baie goed vaslê.
4. Ek stel voor dat jy elke oggend opstaan sodat jy om 8:00 kan begin werk. Doen eerder al jou skoolwerk in die oggend en ontspan dan in die middag.
Sterkte! Onthou: wat jy nou insit, sal later met rente na jou terugkom!

Ek sal gedurende die week ook ekstra hersieningsoefeninge stuur sodat jy jouself kan toets.