Graad 12 – Afrikaans


Mnr. Prins se nommer: 072 394 7750
Ek lees geen SMS-tipe taal nie; skryf standaard-Afrikaans, soos ek weet jy kan ?

 

29 April

Graad 12’s, hier is die antwoorde van die hersieningsvraag van Onderwêreld wat jy gister moes uitwerk.

Ek het by elke vraag die kernwoorde ingekleur met geel. Kyk bietjie of jy die kernwoorde reg onderstreep het in jou vrae.

Die antwoorde is in ROOI en by elke antwoord het ek ‘n verduidelik of wenk in GROEN bygeskryf. Lees asseblief alles in hierdie memorandum mooi deur, want dit gaan jou help om AL die vrae in Vraestel 2 beter te antwoord, van gedigte, tot die roman, tot die drama, die vrae word regdeur die vraestel op dieselfde manier gevra.

Goedgaan en stuur vir my ‘n boodskap as jy twyfel oor iets.

Afrikaans HL P2 Nov 2018 Final Memo Met my notas by

 

26 April

Goeienaand, graad 12’s

Hierdie week hersien ons ‘n bietjie ons roman, Onderwêreld. Kan jy nog alles onthou wat in die boek gebeur het? Ek glo ná hierdie week sal jou geheue weer lekker vars wees.

Ek dink aan julle en ons sien mekaar hopelik gou weer!

 

Vir Dinsdag

Vir Donderdag:

letterkunde opstel gr.12

 

24 April

Graad 12’s, hier volg die antwoorde van die hersieningsoefening wat jy gister moes doen.

Die oorspronklike memorandum was net twee bladsye, maar dit is nou baie langer, want ek het by elke antwoord vir jou ‘n verduideliking in groen bygevoeg om jou te help om te verstaan HOEKOM dit die antwoord is.

Sien jou antwoorde deeglik na, skryf die korrekte antwoord by as joune verkeerd is en gee vir jouself ‘n punt uit 30.

Stuur vir my ‘n boodskap as jy sukkel of onseker is oor iets.

Wat Afrikaans betref, en as al jou werk op datum is, kan jy dan die naweek ‘n bietjie rus met die wete dat jy vandag slimmer is as wat jy Maandag was ?

Die volgende hersiening sal Maandag gegee word. Goedgaan, matrieks!

MEMO – GR 12 AFR HT HERSIENINGSTOETS_WOORDSOORTE EN SINSLEER_SEPTEMBER 2017

 

20 April

Goeiemiddag graad 12’s. Ek hoop dit gaan goed met julle en dat julle byhou met hiersiening.

Ons gaan hierdie week voor met hersiening van taalwerk. Hier is julle rooster vir aktwititeite vir die week.

Kontak my asseblief as ek jou moet help met iets of as jy byvoorbeeld nie verstaan hoekom jou antwoord verkeerd was nie. Ek help jou graag.

Afrikaans HL P1 Nov 2017 Memo

Afrikaans HL P1 Nov 2016 Memo

GR 12 AFR HT HERSIENINGSTOETS_WOORDSOORTE EN SINSLEER_SEPTEMBER 2017

Die eerste twee dokumente is die memoranda van Vraestel 1 van 2017 en 2016. Die derde dokument is die hersieningsoefening vir Donderdag.

Graad 12’s, ek het nou die dag op die WhatsApp-groep vir julle Februarie/Maart se Vraestel 1 van 2016 gestuur in plaas van November s’n. Maar op die webblad verskyn November s’n. Jammer vir die fout.

Dit is nie doodsake nie. As jy Februarie/Maart 2016 s’n gedoen het, sien hom na asseblief. Ek sit die memo hier onder. As jy November 2016 s’n gedoen het, sien dan daardie een na.

Afrikaans HL P1 Feb-March 2016 Memo

Jy hoef nie November 2016 EN Februarie 2016 s’n te doen nie. Maar as jy wil sal dit baie goeie ekstra oefening wees.

 

14 April

Middag graad 12’s

Op hierdie stadium moet jy klaar wees met Vraestel 1 van 2017 en met Afdeling C van Vraestel 1 van 2016, wat ek verlede week gestuur het.

Hier is julle rooster vir hersiening vir hierdie week. Die skakel in die tabel na die video is https://youtu.be/kzaQt1wEAvc

Doen elke dag jou stukkie in elke vak en jy sal die vrugte van jou arbeid pluk!

Sterkte.

 

8 April 2020

Vir die van julle wat hierdie stiller tyd wil gebruik om jou skryfvaardighede vars te hou of verder op te skerp, skryf gerus in vir hierdie internasionale skryfkompetisie. Inskrywings moet teen 15 Mei aan my ge-e-pos word by stefanprins82@gmail.com asseblief; daarna help ek jou om jou inskrywing so perfek moontlik te kry. Stuur vir my ‘n WhatsApp-boodskap as jy vrae het.

 

7 April

Graad 12’s, teen hierdie tyd moes julle al klaar Vraestel 1 van 2017 uitgewerk het vir hersiening.

Terwyl ons mekaar nie kan sien en ek nie nuwe werk kan verduidelik nie, fokus ons steeds op hersiening. Hier is Vraestel 1 van 2016. Kom ons begin eers rustig en werk net Afdeling C uit vir Vrydag 10 April. Ek het die bladsynommers waar die werk in die handboek verduidelik word by elke vraag ingetik. Ek het ook die kernwoorde vir jou onderstreep.

Afrikaans HL P1 Nov 2016

Wyses  Hierdie uitdeelstuk sal jou help met vraag 3.2.

Onthou, jou sukses hierdie jaar gaan meer as enige vorige matriekleerder van JOUSELF afhang. Baie sterkte en veilig bly.