Graad 12 – Besigheidstudies


Juf. Carli Wüst se nommer: 078 174 2667

 

28 April

More Gr12’s!
Ek gaan nou die ekstra aktiwiteit aanstuur wat julle asb moet probeer. Dit gaan oor Versekering, so doen dit net na die Aktiwiteit wat julle uit die handboek gedoen het.

 

27 April

More Gr12s!
Ek hoop julle naweek was lekker.
Ons program vir die week gaan min of meer soos volg lyk:
27 April tot 1 Mei
Ma: Merk aktiwiteit oor Beleggingsversekering(Bl. 193 tot 195) Gaan weer deeglik deur aktiwiteit, skryf verbeteringe neer, en skryf vrae neer wat jy nie verstaan nie.
Di: Doen ekstra aktiwiteit wat ek gaan deurstuur.
Wo: Merk ekstra aktiwiteit en Begin lees in julle handboeke bl. 112 tot 116.
Do: Lees Bl.117 tot 121 in handboek.
Vry: Doen aktiwiteit op bl. 122 en 123 (tot nommer 4.13)

 

22 April

More julle,
Ek het geen updates van julle ontvang nie. Beteken dit ek kan aanneem almal is okay sover met die werk en dat julle nie oorweldig voel nie?
Ek nooi julle weer uit dat indien julle enige vrae het of my net wil inlig van jou situasie, is julle meer as welkom.
Ek het egter ook net omtrent twee foto’s ontvang van voltooide en gemerkte aktiwiteite. Onthou, dis nooit te laat om te stuur nie, ek verstaan dit vat vir party langer, so stuur wanneer julle klaar is.
En as jy sukkel, laatweet my dat ek kan kyk hoe ek kan help.
Baie sterkte!??

 

21 April

More Gr12’s.
Ek gaan nou vir julle die antwoorde stuur van die aktiwiteit oor Donavan.
Stuur asb vir my ‘n foto nadat jy gemerk het, sodat ek kan sien dat jy jou verbeteringe ook gedoen het.

?

1. Donovan belê R100 000 by People’s Bank vir 54 maande. Die bank bied aan om hom enkelvoudige rente @ 11% per jaar te betaal. Bereken die hoeveelheid rente wat Donovan na 54 maande sal ontvang.

2. Jabu belê R50 000 vir drie jaar teen ‘n rentekoers van 10% wat half-jaarliks saamgesteld bereken word. Bereken die hoeveelheid rente wat Jabu na drie jaar sal ontvang.

 

3.1. Bereken watter een van die twee beleggings die hoogste opbrengs inhou. Toon berekeninge.

BELEGGING 1:
= P x (1 + i)n – P
= R50 000 x (1 + 0.075)2 – R50 000
= (R50 000 x 1.075)2 – R50 000
= R50 000 x 1.1556 – R50 000
= R7 781.25

BELEGGING 2:
= P x I x t
= R50 000 x 12% x 2
= R12 000

 

Hierdie week moet julle asseblief deur die hoofstuk: Beleggingsversekering (Onderwerp 2) werk. In julle handboeke bl. 183 tot 195.
En ook die volgende onderwerp in julle notas.
Julle kan op julle eie pas aangaan.
Teen Vrydag moet julle klaar gelees wees en die Akt op bl.193 klaar he tot by nommer 4.17.

*NB: Ek wil asb ook ‘n kort update van elkeen ontvang in n personal msg sodat julle vir my kan se as julle besig is om verlore te raak. Ek verstaan heeltemal dat julle oorweldig kan wees, so wees asb eerlik, ek wil net graag weet dat julle okay is en as julle nie is nie, dat ek kan help.
Probeer om nie net op te gee nie, maar laatweet my eerder dat ons stadiger en stap vir stap deur die werk kan gaan.?*

 

20 April

More Gr12s! Ek hoop julle het ‘n goeie naweek gehad.
Die van julle wat graag wil he dat ek solank na julle langvrae kyk en raad gee, kan vir my foto’s stuur.
Onthou van die aktiwiteit wat ek gestuur het – maak dit asseblief klaar vir more.
Ek gaan nie enige ander werk vandag gee nie. Fokus op die langvraag en die aktiwiteit.
Laatweet as daar probleme is of as julle onseker is oor iets. ?

 

17 April

More julle! Ek het darem van meeste van julle teruggehoor. As ek so iets vra op die groep sal ek dit baie waardeer as julle wel reageer. Dis baie moeite vir my om nou elkeen wat nie geantwoord het nie, persoonlik te msg om te hoor of julle nommers wel werk. Ek het begrip vir hoe baie boodskappe julle nou kry en hoeveel werk julle mee sit, maar ek wil tog vra dat julle bietjie wakkerder is met julle responses.
Okay, ek gaan nou foto’s deurstuur wat die antwoorde is vir die Aktiwiteit 1 – Beleggingsekuriteite.

[09:53, 4/17/2020] Carli Wust: Julle werk vir vandag en die naweek is:
1. Merk julle aktiwiteite tot by nommer 4
2. Voltooi een van die langvrae (Maandag moet julle asb vir my ‘n foto stuur van jou langvraag)
3. Doen die aktiwiteit wat ek nou gaan aanstuur.

[09:54, 4/17/2020] Carli Wust: 1. Donovan belê R100 000 by People’s Bank vir 54 maande. Die bank bied aan om hom enkelvoudige rente @ 11% per
jaar te betaal. Bereken die hoeveelheid rente wat Donovan na 54 maande sal ontvang. Toon alle berekeninge.
2. Jabu belê R50 000 vir drie jaar teen ‘n rentekoers van 10% wat half-jaarliks saamgesteld bereken word. Bereken die
hoeveelheid rente wat Jabu na drie jaar sal ontvang. Toon alle berekeninge.
3. Op jou sestiende verjaardag het jou oupa aan jou ‘n rentevrye lening van R100 000.00 gegee wat jy vir twee jaar
moet belê. Die opbrengs op die belegging is sy bydrae tot jou universiteitsgelde. Jy het die geld in twee beleggings
verdeel.
Belegging 1: Jy belê R50 000 by ‘n bank teen 7.5% saamgestlede rente (jaarliks bereken).
Belegging 2: Jy belê die ander R50 000.00 by Sanlam teen 12% enkelvoudige rente.
3.1. Bereken watter een van die twee beleggings die hoogste opbrengs inhou. Toon berekeninge

[10:01, 4/17/2020] Carli Wust: Julle het tot Dinsdag vir die aktiwiteit wat ek nou net gestuur het. Onthou, gebruik die formules soos op bl. 175 in julle handboeke. Lees die vrae mooi om seker te wees of dit enkelvoudige of saamgestelde rente is en kyk uit vir die tydperke. Moenie angstig wees oor die somme nie, maar sit asseblief bietjie moeite in om dit te probeer regkry. ??

 

16 April

Hallo julle!
So dinge was bietjie onseker oor of ons net hersienning moet doen en of ons kan aangaan met nuwe werk.
Om te kan aangaan met nuwe werk moet ek 100% seker wees dat al die leerders op die groep is en die inligting ontvang.
Die drie mense wat nog moet opkom is:
Christian
Bridgette
Listowen.
Asseblief stuur vir my hulle nommers aan.✨

Dan gaan ek ook vra dat ALMAL wat op die groep is vir my ‘n ? stuur sodat ek kan weet dat julle nommer aktief is en dat dit die regte mense is wat op die groep is. Stuur die ? maar as ‘n personal msg dat ons nie almal mal maak nie. Doen dit asseblief voor 14:00 vandag. Dankie!

In tussen moet almal asb seker maak dat julle aktiwiteit op Bl.180, 181 en 182 voltooi is. By nommer 5 op bl. 182 hoef julle net een opstel te skryf uit die 3 opsies. Ek besef dis dalk moeiliker omdat ons nie die werk in die klas kon bespreek nie, maar probeer asb ten minste ‘n raamwerk met hoofpunte opstel vir een.

Ek stuur die antwoorde moreoggend deur.