Graad 12 – Fisiese Wetenskappe


Mnr. Valen van Heerder se nommer: 084 500 1095

 

30 April

Jy kan vir die naweek hierdie werk(van videos) in jou werkboek oorskryf en dan die somme(opsommings) doen. Ek gaan Maandag aan met nuwe werk.

Laat my asb weet as jy nie met die tegnologie regkom nie.

 

29 April

https://sites.google.com/wced.info/cwed-learnerresources/

Vir die wat belangstel. Nie formele werk.

 

28 April

Hello Gr. 12s! Ek het solank begin met Arbeid Energie en Drywing. Ek het dit sommer op Youtube gepost. Vorige hersiening werk moet asb steeds voltooi word voor Junie Eksamen. Ek sal video’s so kort moontlik probeer hou om jou data te spaar.

Ek kom redelik gereeld dorp toe so as daar iemand nie genoeg internet hiervoor het nie, laat my asb weet dan bring ek dit vir jou op Memo stick.

Huiswerk is Science Clinic se voorbeelde oor Energie (soos aan einde van video gegee).

 

21 April

Hey julle. So einde laaskwartaal het ons doppler effek hanteer in die klas en toe so n bietjie tyd spandeer aan die tutoriaal. Maak asb seker dat jy die tutoriaal ook voltooi voor skool weer begin. Kyk veral na vrae met gelyktydige vergelykings. (Sien voorbeed in my notas as jy vashaak).

Dan ook moet asb nie die werk, soos ek laasweek deurgegee het, sien as onnodig nie. Doen dit asb deeglik. Ek het tot op hede nog nie een vraag oor die werk van enige van julle af gekry nie.

Mooi dag, lekker wees!

 

14 April

Week 1 (13-17 April)
Fisika
Tutoriaal – Newton se wette Gr. 11

Week 2 (20-24 April)
Fisika
Tutoriaal – Elektrostatika Gr. 11

Week 3 (27 April – 1 Mei)
Chemie
Energie en verandering Gr. 11
-Gaan deur notas (op Excel)
-Voltooi Tutoriaal (ek moet nog opstel)

Vir nog ekstra wil werk, gaan weer deur Kwartaal 1 se werk vir Fisika asook Chemie.

Moet asb nie bekommer oor nuwe werk wat tans op Televisie, Youtube en verskeie ander platforms is nie. Jy is welkom om dit te kyk, maar ek sal seker maak dat ons hierdie jaar al die werk hanteer.

Indien jy in hierdie volgende 3 weke vashaak met n vraag stuur gerus vir my n foto en/of boodskap op Whatsapp.