Graad 12 – Lewenswetenskappe


Mnr. Pieter Brink se nommer: 066 478 3492

 

27 April

Môre julle! Ek hoop dit gaan nog goed met almal. Ek glo julle verlang ook al terug na die skool… Hierdie inperking gee jou ‘n goeie idee hoe die eindeksamen gaan wees: jy is op jou eie met dae wat jy af is en moet voorberei vir volgende vakke. Daar is altyd die gevaar dat jy dink dat jy nog baie tyd het, maar dat dit in werklikheid nie so is nie. Die geheim is om gedissiplineerd en met ‘n plan te werk. Ek stel steeds voor dat jy vroeg opstaan en 8 uur gereed is om met jou eerste vak te begin. Jy is op hierdie stadium veronderstel om 1 uur aan elke vak per dag te spandeer. Indien jy hou by plan, behoort dit nie te erg te wees nie.

4 Gepunte ewewig en Spesiering

5 Voortplantingsisolasie

Ek heg 2 nuwe tema’s hierby aan. Dit moet asb. in jul werkboeke opgesom word. Gebruik steeds spasies en laat gedeeltes oop waar dit vir jou lyk of daar dalk sketse moet inkom. Hou jou werk netjies georden – dit leer soveel makliker!
Sterkte vir almal!

 

20 April

Hallo Julle. Ons hersieningsrooster is môre voltooi. Daar is ‘n groot gevaar dat jy dalk nie die rooster gevolg het nie omdat daar “geen bewyse” daarvoor kan wees nie. Die bewyse gaan eers kom wanneer jy toets of eksamen skryf. Ek doen weereens ‘n beroep op jou om die werk baie goed vas te lê aangesien ons voluit sal moet aandag gee aan nuwe werk wanneer ons weer begin.
Ek heg ‘n effens lywige dokument hierby aan. Die eerste aantal bladsye (ongeveer 12) het baie waardevolle inligting en wenke oor hoe om ‘n vraestel aan te pak en te beantwoord. Gaan dit baie goed deur. Vanaf ongeveer bl. 13 is daar hersieningsvrae wat uit vraestelle kom. Dit moet julle vanaf Woensdag beantwoord (“evidence” in werkboek!). Let daarop dat die eerste vraag van ‘n tema ‘n oefening is waarin die antwoorde verskaf word. Gaan dit ook goed deur sodat jy kan sien hoe jy ‘n vraag moet interpreteer en aanpak. Die daaropvolgende vrae van die tema moet jy dan doen in jou werkboek.

AFR Lewenswetenskappe kwartaal 1 2020 leerderbron

 

12 April

Hallo Almal. Met die verlengde Inperking is dit belangrik dat ons steeds aan die werk bly… Die Matriek eksamen SAL vanjaar geskryf word en ons moet steeds voorberei daarvoor. Dit is egter moeilik om nuwe werk met julle op hierdie manier te behandel, so ons gaan dus eerder die tyd gebruik om te hersien.
1. Maak seker dat al jou opsommings voltooi is.
2. Jy moet elke dag ten minste 30 min. aan LW spandeer, en indien nodig 1 uur (2 periodes).
3. Ek stuur hierna ‘n hersieningsrooster wat jy asb. moet volg. Sorg dat jy die werk baie goed vaslê. Leer soos vir eksamen!
4. Ek stel voor dat jy elke oggend opstaan sodat jy om 8:00 kan begin werk. Doen eerder al jou skoolwerk in die oggend en ontspan dan in die middag.
Sterkte! Onthou: wat jy nou insit, sal later met rente na jou terugkom!

 

Ek sal gedurende die week ook ekstra hersieningsoefeninge stuur sodat jy jouself kan toets.