Graad 4 – Wiskunde


Juf. Githe van Loggerenberg se nommer: 079 931 1993

 

30 April

Goeie môre Gr. 4’s ?

Ek stuur eers gister se oefening se verbeteringe. Merk dit mooi netjies en doen verbeteringe.

Gr. 4 Tema 7 (1) Memo

Tyd vir hoofreken… ?

Skryf vandag se opskrif en nommer van 1 tot 20. Ek stuur ‘n foto van hoe dit moet lyk.

Die eerste voicenote is die toetsie en die tweede voicenote is die antwoorde vir wanneer jy klaar is en moet merk.

Juffrou hoop julle doen sommer baie goed!

Sterkte ??

 

29 April

Goeie môre ?

Ek stuur eers gister se verbeteringe. Merk dit mooi netjies en doen verbeteringe.

Dan stuur ek vandag se werk. Trek die tabelle en grafieke mooi netjies oor met ‘n liniaal. Onthou… Dis baie belangrik dat datahantering altyd netjies gedoen word. Indien dit moontlik is, kan die oefening gedruk word en leerders kan dit op die bladsy doen en inplak. Anders kan hul dit netjies in hul boeke oor teken en voltooi.

Geniet dit! Datahantering is lekker!! ???✏️

Gr. 4 Tema 6 Memo

Gr. 4 Tema 7 (1)

 

28 April

Goeie môre ?

Hoop almal het ‘n heerlike naweek gehad. Dis ‘n lekker kort wekie wat voorlê. ??

Ek stuur dan nou vandag se oefening. Nr. 4 en 5 se tabelle en diagramme moet asseblief netjies met ‘n liniaal getrek word.

Gr. 4 Tema 6

Tafels ?

Aangesien dit ‘n kort wekie is en ons nog nie regtig die 6️⃣✖️&➗ geleer het nie, gaan ons hierdie week net eers na die eerste 6 van ✖️ en ➗ kyk. Julle skryf Donderdag tafeltoets.

6 (1 – 6)

 

24 April

Goeie môre…

Ek stuur eers gister se oefening se verbeteringe. Merk jul werk mooi netjies en doen verbeteringe.

Gr. 4 Tema 5 (2) Memo

En nou vir ons tafeltoets… ?✖️➗?

Skryf vandag se opskrif (Hoofreken 24 April 2020) en nommer dan weer van 1 tot 30. Ek stuur ‘n foto van hoe dit moet lyk.

As jy klaar is en reg is, kan jy die eerste voicenote gebruik om die toets te skryf. Die tweede voicenote is die antwoorde.

Julle moet ‘n lekker naweek hê. Maandag is ‘n vakansiedag, so jul sal Dinsdag jul volgende werkies kry. Lekker rus en veilig wees! ?

 

23 April

Goeie môre

Ek stuur eers die antwoorde van gister se oefening. Merk dit asb deeglik en doen verbeteringe mooi netjies na die oefening.

Daarna stuur ek vandag se werk (Tema 5, Deel 2).

Onthou ook om jou tafels te oefen vir môre se tafeltoets. ✖️➗

Mooi daggie vir almal ?

Gr. 4 Tema 5 (1) Memo

Gr. 4 Tema 5 (2)

 

22 April

Goeie môre ☀️

Merk eers gister se werk en doen verbeteringe. Daarna doen hul vandag se werk (Tema 5 – Deel 1).

Sterkte ?

Gr. 4 Tema 4 Memo

Gr. 4 Tema 5 (1)

 

21 April

Goeie môre

Ek stuur eers gister se verbeteringe. Hul werk moet gemerk word en verbeteringe moet gedoen word. Daarna kan hul vandag se werk doen.

Mooi daggie ?

Gr. 4 Tema 3 Memo

Spinnekopdiagramme en tabelle moet asb. netjies met ‘n liniaal getrek word. Indien jul dit kan print en inplak, is dit ook reg. Dan kan antwoorde net ingevul word.

Gr. 4 Tema 4

Ek stuur solank hierdie week se tafels. Ons skryf Vrydag weer tafeltoets. 4️⃣&5️⃣✖️➗

4 en 5

 

20 April

Goeie môre

Hoop dit gaan nog goed en dat almal ‘n heerlike naweek gehad het.

Hier volg vandag se werk. Hulle kan na Donderdag se verbeteringe weer die opskrif skryf, soos myne, en dan met die oefening begin. Onthou asb. om lyntjies oop te los na n som.

Mooi daggie vir almal ?

Gr. 4 Tema 3

 

17 April

Goeie môre…
Vandag skryf ons tafeltoets. Agter in jou werkboek, na die werk wat ons gister gedoen en gemerk het, skryf die opskrif en vandag se datum. Maak dan 3 kolomme waarin jy nommer 1 tot 10, 11 tot 20 en 21 tot 30. Ek stuur n foto van hoe dit moet lyk. En wanneer jy klaar is, kan jy die “recording” gebruik om die toets te skryf. Ek vra n vraag, en jy skryf net die antwoord neer.
Baie sterkte ?

Die opname se formaat wil nie oplaai op die webblad nie. So ek gaan dit as ‘n dokument stuur. Lees vir hulle die vrae en hulle skryf die antwoorde neer. Daarna kan dit gemerk word. (Vragies is swart en antwoorde is rooi.)

Ek gaan dan nou die “recording” stuur met die antwoorde. Jy merk reg of verkeerd. As dit verkeerd is, skryf die regte antwoord langsaan. En gee vir jouself ‘n punt uit 30. Geniet jul naweek en veilig wees. Ons gaan Maandag aan met nuwe werk. Liefde Juf. Githe ?

 

16 April

Goeie môre

Ek gaan nou gister se verbeteringe stuur. Weereens kan jul dit merk en na die oefening die verbeteringe doen.

Gr. 4 Tema 2 Memo

Vandag gaan ons bietjie tafels hersien. Ons het reeds aan die begin van die jaar die 2 en 3 x÷ geleer. So vandag moet julle weer deur dit gaan, want môre skryf ons tafeltoets. ??? Sterkte!!

2 en 3

 

15 April

Goeie môre

Ek stuur eers gister se verbeteringe. Help hulle asb om dit te merk en hul verbeteringe te doen, soos ons dit altyd doen.

………….. (lyn na oefening)
Verbeteringe (Hersiening – Tema 1)
………….. (lyn)
Doen nou als wat verkeerd was hier en trek weer n lyn.

Onthou asb dat ons AGTER in die werkboeke werk.

Gr. 4 Tema 1 Memo

Vandag se werk word na die verbeteringe agter in hul boeke gedoen. Skryf vandag se opskrif, trek n lyn en begin.

Gr. 4 Tema 2

 

14 April

Goeie middag.

Hoop dit gaan goed met almal. Ek stuur nou die Gr. 4’s se Wiskunde vir vandag. Hulle moet dit asb. AGTER in hul werkboeke doen. Die opskrif is dieselfde as my opskrif in die oefening. Met ander woorde hulle skryf:

Hersiening – Tema 1
14 April 2020
………………………… (lyn)

En dan begin hul met vraag 1.

Ek sal môre voor ek die nuwe werk stuur dan die antwoorde stuur sodat hul dit kan merk en verbeteringe kan doen. Hulle moet terugblaai en gaan kyk as hul nie kan onthou nie. Dit is alles werk wat ons in kwartaal 1 gedoen het.

U is welkom om my te kontak indien u enige vrae het.

? Sterkte ?
Juf. Githe

Gr. 4 Tema 1