Graad 5 – Engels


Mnr. Darius van Loggerenberg se nommer: 076 197 8086

 

30 April

Môre almal. Al die vorige aktiwiteite sal in klas gemerk word. Hier volg vandag se werk. Hulle moet al die voorbeelde oorskryf in werkboek en aktiwiteite doen. Kan netjies in kleur gebeur.
Mooi dag

Vandag kyk ons na this, these, that and those.

This en that gebruik ons vir een ding. These en those gebruik ons vir meer as een ding.

This en these gebruik ons vir iets wat naby ons is. That en those gebruik ons vir goed wat vêr van ons is.

This, these, that or those

 

28 April

Verlede week se werk gaan in die klas gemerk word.

Vandag kyk ons na do or does. Wanneer dit een persoon of ding is, gebruik ons does en wanneer dit meer as een persoon of ding is, gebruik ons do. Die enigste uitsonder is I. Al is I een persoon, gebruik ons do saam met hom.

Wanneer ons met negatiewe sinne werk verander die woorde as volg:
do ➡️ don’t (do not)
does ➡️ doesn’t (does not)

Sterkte ?

Leerders skryf die hele aktiwiteit oor met die antwoord daarby. Dankie

Do or does

 

22 April

Môre almal. Gister se werk sal in die klas gemerk word. Die werk wat ek nou opsit is die res van die week se werk. Leerders moet al die voorbeelde neerskryf en dan by die aktiwiteite moet hulle die sin volledig oorskryf en beantwoord. Hier volg die werk.
Sterkte

Was or were

 

21 April

Môre almal. Die aktiwiteit wat die leerders gister gedoen het gaan ons ook in die klas merk, deur in die klas te merk gaan ek kan sien watter leerders sukkel nog bietjie daarmee.
Hier volg vandag se werk. Hulle moet die voorbeeld ook in hul werkboeke doen asook die aktiwiteite. Dan vra ek dat julle as ouers bietjie tyd saam hul spandeer en dit mooi aan hul verduidelik as hul nie verstaan nie.
Baie dankie
Mooi dag

Am, is or are

 

20 April

Môre almal. Die werk wat hulle Vrydag gedoen het gaan ons in die klas merk wanneer die skool weer begin. Die volgende bladsy kan hulle ook net na Vrydag se aktiwiteite in hul werkboeke doen. Dankie

 

17 April

Môre. Hier is gister se antwoorde van die aktiwiteit wat hul gedoen het.

Vandag doen ons A or An. Ek stuur ook n video wat dit oulik verduidelik, maar as u nie genoeg data het om die video af te laai nie, is daar ook n foto by wat dit verduidelik. Gaan dit met hul deur en doen dan die oefeninge in hul boek.

Bv. …… apple
Antwoord is an apple
Vra vir hulle hoekom?
Want apple begin met n vowel.

Opskrif: A or An 17 April 2020
……………..
an orange
a frog
⬇️

Los n lyn oop. Begin met 2de oefening.

1. an igloo
2. a window

A or An

 

16 April

Môre almal. Engels Hier volg die antwoorde van gister se ” comprehension”. Hulle moet opskrif “Corrections” maak en die aktiwiteite merk. Ek gee later vandag die nuwe werk. Dankie

Engels Hier volg die aktiwiteit wat hulle vandag in hul werkboeke moet doen. Dankie

 

15 April

Engels. Opskrif is Rabbit Habit. Laat die kinders die leesstuk sommer vir u as ouer ook lees. Beantwoord dan die vrae.

Engels. Opskrif is Foggy Figure. Doen presies dieselfde as vorige leesstuk.

 

14 April

Middag almal

Leerders moet die aktiwiteite in hul werkboeke oorskryf en doen. Antwoorde is ook by waar dit na die tyd gemerk kan word.

capitals1_WBQZB

capitals5_WBQWT