Graad 9 – Geskiedenis


Mnr. Johan Els se nommer: 0836453550

29 April

Hoekom het die VSA die atoombomme gegooi?
Skryf in jou boek ‘n paragraaf om hierdie vraag te beantoord.  In jou paragraaf moet jy die volgende punte aanraak:
• Japannese glo dit is eerbaar om vir die keiser te sterf
• Kamikazeloodse het dit reeds bewys
• Japannese nou nog meer vasbeslote om hulself te verdedig
• Grootskeepse inval van Japan sal miljoene lewens kos
• Amerika steeds vol wrewel teenoor Japan na die verrassingsaanval op Pearl Harbour
Ons moet onsself die vraag afvra of dit regtig noodsaaklik was.  Lees die effekte van die bom deeglik deur op bladsy 83 en 84.
Ons kan amper sê daar is ‘n parallel te trek tussen die gooi van die bom en ons huidige inperking. As die bom gegooi word gaan baie dood, as dit nie gegooi word nie gaan die oorlog aan en baie gaan doodgaan.  Nou 2020 as daar nie inperking is gaan baie siek word en mense gaan doodgaan.  As inperking aangaan stort ons ekonomie inmekaar en baie raak werkloos en hongersnood kom voor met mense wat doodgaan van die honger.  By beide situasies is dit nie maklik om ‘n keuse te maak.  Gesels gerus met jou ouers of huismaats oor hierdie parallel en moontlike antwoorde.
Maak dan die paragrafie klaar, laat jou ouers of voogde dit teken en dateer.  Met ons volgende les hier teen Vrydag gaan ons kyk na die Koue oorlog.
Onthou ons kan.  Wees veilig!!??

27 April

Memo Akt 3 bl 82
2. Tot 1942 het Japan se vordering in die Stille oseaan onkeerbaar gelyk.  Sake het sleg gelyk vir die VSA, veral na die gevoelige verlies by Pearl Harbour.  Met die slag van Midway was dit ‘n keerpunt van die oorlog in die Stille Oseaan, want die mag van die Japannese vloot is gebreek
(Die van julle wat so bevoorreg is om moontlik flieks iewers te kan kry, kan gerus die fliek “Battle of Midway” kyk.  Net soos die fliek “Pearl Harbour” gee dit geweldig insig in die oorlog in die Stille Oseaan.  Darem jammer ons kan nie almal flieks stream, sal darem lekker gewees het tydens Grendeltyd!! ?? Ek het die reeks “Band of Brothers in hierdie tyd gekyk en dit het my weer baie onder die indruk gebring van die wreedhede van oorlog.  So anders as die net so vreesaanjaende virus waarteen ons vandag oorlog voer.  Dink n bietjie daaroor en gesels daaroor met jou ouers)
3.  Japannese het geglo dit is oneerbaar om oor te gee.  Veg eerder tot die dood.
4. Die foto toon die algehele vernietiging van ‘n stad wat honderde jare gestaan het.  Dit is tot puin verwoes.  Die gevoel van verlies wprd vererger deur die verlies van menselewens, veral burgelikes (Vroue en kinders)
Dit is vandag ‘n vakansiedag.  Daarom geen huiswerk!!!???
Geniet die dag saam met jou geliefdes.  Ons gesels weer Dinsdag en dan gaan ons die gooi van die atoombom bespreek.

23 April

Memorandum opdrag Module 4
Aktiwiteit 1 bladsy 79
2.  Hierdie is ‘n oop vraag met enige tersaaklike antwoord solank dit gestaaf kan word bv.
Ek sou onder ‘n kapitalistiese stelsel wil leef want menseregte word in die grondwet beskerm, daar is vryheid van spraak, stelsel van wins beteken dat ek met harde werk beloon kan word.
OF
Ek sou graag onder ‘n kommunistiese stelsel wou leef want daar is geen klasseskeiding, die staat voorsien gratis mediese dienste, daar is gratis onderwys.
Aktiwiteit 2 bladsy 80
1. Brittanje en die VSA wou Duitsland nie straf nie, want hulle het uit ondervinding van WO1 geweet dat dit nie werk nie.  Die USSR wou egter hê dat Duitsland skadevergoeding betaal aangesien hulle die meeste onder Duitse inval gelei het.
2. Die spanning het reeds in 1917 begin toe ‘n kommunistiese regering beheer in Rusland oorgeneem het.  Daar was van toe af vrees en agterdog tussen die Weste en Rusland.  Tweedens het die VSA ‘n atoombom ontwikkel en dit geheim gehou vir sy bondgenoot, USSR. Laastens het die Weste ervaar dat na die einde van die WO2 die USSR aktief probeer het om Kommunisme reg oor te wêreld te versprei.  Die USSR het weer gedink dat die VSA probeer om Europa te oorheers.
3. Die leiers was terdeë bewus dat die toekoms van vrede in Europa en wêreldvrede afhang van die besluite wat hulle tydens die konferensie in Yalta sal neem.  Hulle wou ‘n herhaling van die verdeskonferensie aan die einde van WO 1 voorkom.
Ek gaan nuwe werk behandel in ‘n stuk wat ek later vandag aan julle gaan stuur.  Groete en onthou julle kan!
Eenheid 2 bl 81
In hierdie hoofstuk word die Einde van die WO2 in die Stille Oseaan bespreek. Ons het reeds bespreek hoe Japan Pearl Harbour aangeval het en die geweldige weerstand wat hulle gebied het na teenaanvalle van die VSA. Alles op bladsy 81. Ons sien dat albei kante (VSA en Japan) voordurend sterker en dodeliker wapens gemaak het in ‘n poging om die oorlog ‘vinnig’ te beëindig. Ons het ook die rol bespreek van kamikazeloodse. Kyk in kantlyn na die verklaring van die woord. Die VSA het op hierdie stadium die vernietigendste wapen van alle tye in die geheim ontwerp. Sy wetenskaplikes het atoombomme ontwerp wat kernenergie gebruik. Met die slag van Midway het die VSA die oorhand begin kry, MAAR Japan wou nie oorgee. Dit het debat laat ontstaan in die VSA of hulle nie die atoombomme moet gebruik om n vinnige einde te bring aan die oorlog nie. Lees baie deeglik bladsy 81 tot 82 en beantwoord dan vrae 2 tot 4 van Aktiwiteit 3 vir Maandag. Ek gee dan die antwoorde en bespreek daarna ons eerste paragraaftipevragie van die kwartaal.
Groete en onthou ons kan!
Die gooi van n atoombom sou n situasie skep waarmee ons vandag kan assosieer. Kyk na die volgende foto. Ons gesels Maandag en volgende week oor die gevolge van die gebruik van kernenergie as wapen.

21 April

Module 4 bladsy 77 – 80
Ons begin met nuwe werk, maar nie regtig nuut! Ek het reeds baie in die klas hieroor gesels. Die oorlog in Europa het op 8 Mei 1945 geëindig. Die sogenaamde VE Day (Victory in Europe). Teen Japan in die Stille Oseaan was die oorlog egter nog volstoom aan die gang. Dit het ons einde kwartaal 1 bespreek. In Europa was daar egter al meer spanning tussen die eertydse bondgenote naamlik die USSR en die VSA. Die rede was verskillende ekonomiese en politieke stelsels. Hierdie verskille het duidelik geblyk uit die verskille tussen Kommunisme en Kapitalisme. Ons het die verskille en ook die begrippe redelik deeglik in die klas bespreek. Onthou julle my voorbeeld van die groot pak kaaskrulle wat jy aankoop en dan in kleiner pakkies opmaak om teen ‘n wins te verkoop!??
Lees baie deeglik die stuk deur op bladsy 78 en dan doen jy op bladsy 79 net nommer 2 van Aktiwiteit 1. MAAR, maak seker jy verstrek ten minste drie redes!
Lees dan die stuk deur op bladsy 79 en beantwoord dan al drie vrae van Aktiwiteit 2 op bladsy 80.

Hierdie werk met klaar wees vir Donderdag. Sterkte. Dit is nuwe werk, maar ek het reeds baie hieroor gesels. Sterkte en lekker werk. Glo my, ek verlang al na julle klomp stouterds! Onthou: Ja ons kan!

20 April

1.1.1 Tekens wat sê “Jode onwelkom” is van publieke plekke verwyder
Anti-Joodse aanvalle is versag
1.1.2 Jode het nie Duitse burgerskap verkry nie.  Nie as ware Duitsers beskou
1.1.3 Jode is nie deur die Nazi’s toegelaat om deel te neem en sy was half-Joods
1.1.4 Ja
Vanweë haar Joodse afkoms vreemd aangesien sy deur die saluut ooglopend ‘n stelsel ondersteun wat haar rasgenote bedreig
OF
Nee
Sy is waarskynlik toegelaat om deel te neem omrede sy simpatie getoon het met die Nazi beleid
1.1.5 Vir propaganda doeleides, om die wêreld ‘n rat voor die oë te draai.  Waarskynlik ook vir prestige – hulle het gehoop dat sy ‘n medalje vir Duitsland kon verwerf.

16 April

Graad 9 WO2 hersiening 16 April

15 April

Graad 9 hersiening memorandum: Aktiwiteit 16
1. Japannese het Chinese as minderwaardig beskou.
2. Japannese het vry gevoel om Chinese te vervolg, te vermoor en as slawe te gebruik. Hulle nie op gelyke vlak beskou met Japannese mense
3. Geneefse Konvensie nie gehoorsaam. Gevangenis is sleg behandel, talle is aan honger dood, toestande in kampe onuithoudbaar, talle gevangenis moes lang ure met min kos werk.
4. Enige sinvolle redenasie. Byvoorbeeld die gebruik om gevangenis op die sogenaamde doodsmars te gaan as daar te veel gevangenis in ‘n kamp is. Dit is onmenslik en bots met jou eie waardes

Bladsy 196
1.1 Sou as buffersone dien tussen Frankryk en Duitsland. As Duitse troepe die gebied inval sou dit Frankryk betyds waarsku.
1.2.1 Duitsland het ‘n aggressiewe, ekspansionistiese beleid gehad. Kyk op bl 41 wat beteken die woorde.
1.2.2 Troepe in militêre uniform wat Rynland inval en annekseer. (Uniform simbool van aggressie)
1.3 Vlae met swastika teen mure, plaaslike vroue groet soldate, Sommiges bied blomme aan vir soldate, Dit lyk of vrou glimlag – bly om soldate te sien.
1.4 Ja, bron bevooroordeeld
Beeld Nazi’s op positiewe wyse uit.
Fotograad=f bied slegs een standpunt uit.
Nazi’s word uitgebeeld as geliefd en as helde

 

11 April

Goeiedag graadneges. Ek merk daar het nog so ‘n paar by ons klas aangesluit. Ek herhaal gou weer ons werkopdragte. Voltooi teen Maandag jul leeswerk (Geskiedenis) vanaf bladsy 32 tot 54. Doen dan Maandag en Dinsdag op bladsy 52 aktiwiteit 16 nommer 1 tot 4 sowel as op bladsy 196 Vraag 1.1 tot 1.4 Kyk ná die bron op bladsy 197. Ek sal die antwoorde Woensdag aan jou voorsien en dan kan jy dit merk. Geniet die naweek.