Graad 9 – Lewensoriëntering


Juf. Milize Symmington se nommer: 079 886 0724

 

24 April

Hi julle!!!

Maak asb seker jou LO en jou GEOGRAFIE slides is Maandag klaar.
Jy moes die volgende alles gekry het en opgesom het…

Die LO slides was die blou slides…ek het altesaam 13 fotos gestuur.
Die GEOGRAFIE was die oranje slides…ek het altesaam 12 fotos gestuur…

So maak seker jyt al daai hoeveelheid fotos gekry en dat dit alles klaar is vir Maandag asb!!!
Baie dankie julle…
Lekker naweek!

21 April

Ek stuur nou die LO slides…die blou slides!
Alles moet ook klaar wees teen Woensdag asb!

15 April

Middag julle.. so gister se LO slides moet klaar wees.
Die volgende LO slides moet klaar wees vir Maandag asb!!

14 April

Middag julle.
Julle kan begin vandag met die slides op ‘n skoon bladsy… maak dit asb klaar vir more!

 

13 April

Middag julle!

Ek wil hê ons moet môre begin met ons opsommings vir kwartaal 2 van LO en GEOGRAFIE… Omdat dit nuwe werk is hoef julle asb GEEN aktiwiteite te doen nie. Dit sal ons doen sodra ons die werk behandel het wanneer die skool begin het.

Ek gaan elke dag foto’s stuur van die “slides” soos ons in kwartaal 1 ook gedoen het. Ek sal die foto’s nommer sodat jy seker maak jy som die werk in volgorde op asook die regte vak! Maak asb. seker jy meng nie jou GEOGRAFIE en LO-werk nie!!!

Ek weet ‘n paar van julle se boeke is nie by julle nie, doen die opsommings netjies op ‘n bladsy sodat dit ingeplak kan word!
Doen elke dag die nodige opsommings..

So, dan begin ons more met die LO!!! Dankie julle… stuur vir my ‘n persoonlike WhatsApp as jy dalk sukkel met iets of vrae het…