Kuns


Privaatkunslesse word vir ons leerders aangebied deur me. Tessa Beukes.

Leerders ontvang een maal per week onderrig (1½uur) teen ‘n vasgestelde fooi. Hulle maak kennis met media soos waterverf, poeierverf, akriel, oliepastel, potlood en houtskool.

Daar word jaarliks vir die landswye Santam Kinderkunskompetisie asook die RATEM Eisteddfod ingeskryf, waar ons leerders telkens presteer.

Ons bied ook jaarliks ‘n kunsuitstalling aan waar leerders hulle werke aan die plaaslike gemeenskap ten toon stel.

 

Privaatlesse word deur me. Tessa Beukes aangebied.

Kontakbesonderhede:
Huis: 023 616 2554
Selfoon: 084 817 1757