‘n Skool se finansies word op gesonde besigheidsbeginsels bedryf. Sonder ‘n gesonde finansiële basis kan geen skool onderrig van gehalte lewer nie. Dit is ons strewe om gehalte-onderrig en -opvoeding aan al ons leerders te verskaf.
Rente sal op agterstallige rekeninge verhef word.
Skoolfondsbedrae word jaarliks aangepas en kan by die Finansiële Kantoor verkry word by 023 616 2160 of finansies@hsbonnievale.co.za
Wyse van betaling
U kan kontant, EFT, met ‘n krediet- of debietkaart, of per aftrekorder betaal.
U skoolgeldrekeningnommer moet asseblief as verwysingsnommer gebruik word.
Bankbesonderhede:
Bank: ABSA
Rekeningnommer: 780180218
Takkode: 632005
U moet asseblief met die bank reël dat tien oorbetalings gedoen word – van Februarie tot November.
Koshuisgeld
Bedrae by skool se Finansiële Kantoor beskikbaar by 023 616 3409 of finansiesB@hsbonnievale.co.za
Koshuisgeld is streng vooruitbetaalbaar.
Skool- en koshuisgeld kan van Maandag tot Vrydag tussen 08:00 en 12:30 by die Finansiële Kantoor betaal word of by die bankbesonderhede hier onder. Alle navrae in verband met u rekening kan aan die Finansiële Kantoor gerig word by 023 616 2160.
Bankbesonderhede:
Bank: ABSA
Rekeningnommer: 780180218
Takkode: 632005