VRL


Die Verteenwoordige Raad van Leerders (VRL) bestaan uit 24 leerders. Vier in gr.7, drie uit elke graad vanaf gr.8 en agt leerders in gr. 12. Die VRL dien as skakel tussen leerders en onderwysers en moet toesien dat daar ‘n goeie en positiewe gees onder die leerders heers.

Die VRL bestaan uit komitees nl. CSV, Juniors, Kultuur, Koshuis, Sosiaal en Sport. Die verskeie komitees bied elke jaar aktiwiteite aan wat op hulle gebied van toepassing is.

 

Juniorkomitee

Hoërskool Bonnievale se skool bied onderrig vanaf gr. 1 tot 12. Die gr. 1-7’s staan bekend as die juniors.

Die gr.1-7-klasse is op dieselfde skoolterrein, maar in ’n aparte gebou. Dit staan bekend as die Laerskool.

Gr.1-7-saalbyeenkomste word afsonderlik gehou.

Verskeie sportsoorte en kulturele geleenthede word aangebied vir die juniors, onder andere atletiek, tennis, krieket, swem, netbal, rugby, musiek en dans. Hoërskool Bonnievale se laerskool bied minstens elke vierde jaar ’n skoolkonsert aan. Die VRL-juniorkomitee bied pretvolle sosiale aktiwiteite soos talentkompetisies aan.

 

Sosiaal

Akademie, sport en kultuur is nie genoeg vir die leerders van Hoërskool Bonnievale nie. Daar word ook baie sosiale geleenthede aangebied vir die leerders.

Die VRL bied ‘n Valentynsbal en ‘n Oscars-aand aan waar die leerders kan kom dans en die aand saam met hulle vriende geniet.

Elke skool het sy Mnr. en Mej. Perfek ,Hoërskool Bonnievale bied die geleentheid waar die leerders van ons skool self nomineer en stem vir ons finaliste. Daar word ‘n aand gehou waar Mnr. en Mej. HSB deur beoordelaars gekies word.

 

Skakelonderwyser

Mnr. Valen van Heerden

vvheerden@hsbonnievale.co.za