Aansoek om toelating moet by die Algemene Kantoor gedoen word.
Die volgende dokumente moet aansoeke vergesel:
- ‘n Voltooide inskrywingsvorm (by die sekretaresse beskikbaar)
- ‘n Afskrif van die leerder se ID of geboortesertifikaat.
- Die leerder se jongste rapport.
- Afskrifte van beide ouers se ID’s.
- Bewys van immunisasie (die leerder se baba kliniekkaart – wat tydens geboorte uitgereik is of ‘n opsomming van die immunisasies wat deur die Kliniek verskaf word).
Indien u persoonlik met die skoolhoof oor ‘n aansoek wil gesels, kan ‘n afspraak deur middel van die sekretaresse gemaak word by 023 616 2160.