Musiek


Hoërskool Bonnievale is bevoorreg om twee uitstaande musiekonderwysers te hê, naamlik mee. Desireé Wentzel en Marina van Eeden. Beide onderwysers gee privaatlesse en musiek word nie as vak by die skool aangebied nie.

Beide onderwysers gee gedurende skooltyd vir laerskoolleerders musiekklasse, maar is ook elke dag ná skool besig met lesse.

Me. Van Eeden onderrig klavier, blokfluit en musiekteorie. Me. Wentzel onderrig klavier, blokfluit, viool, sang, tjello, trompet, klassieke kitaar, klarinet, dwarsfluit en musiekteorie.

Daar is deurlopend musiekkonserte en/of kultuuraande waar leerders hul items kan lewer. Leerders kan ook ingeskryf word om aan eisteddfods deel te neem of vir die UNISA-eksamens, sou die musiekonderwyser dit aanbeveel.

Kontakbesonderhede

Me. Marina van Eeden
082 323 5476
klavier.vaneeden@gmail.com

 

Me. Desireé Wentzel
083 235 4126
edwentzel@telkomsa.net