Mediasentrum


Hoërskool Bonnievale se mediasentrum word daagliks deur leerders gebruik. Dit bevat meer as 4000 boeke wat leerders van Hoërskool Bonnievale gratis kan uitneem.

Vier rekenaars met gratis internettoegang is beskikbaar.

Drukwerk en fotostate kan teen R1 per bladsy gemaak word.

Die Burger word elke dag afgelewer en die nuutste tydskrifte, onder andere National Geographic for KidsPopular MechanicsSA Rugby en SA Cricket is op die rak.

Leerders het toegang tot skaakstelle.

Die mediasentrum is pouses en ná skool vir ‘n uur (Maandag tot Donderdag) oop. Daar is altyd ten minste twee mediaprefekte aan diens.

 

Skakelonderwyser


Me. Yolindé Delport
ydelport@hsbonnievale.co.za