Noodhulp


Hoërskool Bonnievale se noodhulpspan is ‘n bron van trots vir die skool en ons kry gereeld komplimente van besoekende skole vir die puik bystand wat die noodhulpspan bied.

National First Aid Academy (NFAA) se kursus word by Hoërskool Bonnievale aangebied. Leerders kan vanaf graad 8 die opleidingskursus neem. Vlak 1, 2 en 3 word aangebied en noodhulplede ontvang erkenning in die vorm van sertifikate en balkies.

Die vlak 1-noodhulplede werk onder toesig van die vlak 2’s en 3’s. Vir vlak 1-noodhulplede word daar ‘n sertifikaat toegeken mits hulle aan die vereiste praktiese werksure voldoen.

Die vlak 2 en 3-noodhulplede ontvang balkies en ‘n sertifikaat mits hulle aan die vereiste praktiese werksure voldoen. Wanneer ‘n leerder nie opdaag by dienste nie, verbeur hy sy balkie en sertifikaat.

 

Skakelonderwyser

Me. Belinda Oosthuizen
boosthuizen@hsbonnievale.co.za