Die interne redenaarskompetisie vind twee keer ’n jaar plaas. Die eerste rondte is in die eerste kwartaal en die tweede rondte in die derde kwartaal. Die verskillende afdelings is:
- Laerskool (gr. 4-7)
- Juniors Afrikaans (gr. 8-9)
- Seniors Afrikaans (gr.10-12)
- Engels Ope
Hoërskool Bonnievale bied leerders ook die geleentheid om aan die ATKV se jaarlikse nasionale redenaarskompetisie deel te neem. Daar is ook ’n Laerskool Vryburgers Redenaars wat deur die Vryburgers geborg word en waaraan omliggende skole deelneem.
Die redenaars word gereël deur die VRL se Kultuurkomitee.
Skakelonderwyser
Mnr. Rico Hunter
Ricohunter17@gmail.com