Skoolgebou


Die skoolsaal se ingang en vooraansig van die skool.

Die vierkant by die hoërskool.

Die administrasieblok van die hoërskoolgebou, wat bestaan uit die skoolhoof en sekretaresse se kantore.

Al die klasse in die skool is met dataprojektors toegerus. Sommige klasse het interaktiewe witbordtegnologie. Die skool het twee laboratoriums, ‘n rekenaarlokaal vir RTT, ‘n rekenaarsentrum vir Cami en twee musieklokale.

 

Die laerskoolgebou, waar gr.1 tot 7-leerders klasgaan.

Die laerskool bestaan uit sewe klaskamers, ‘n mediasentrum, kantoor en personeelkamer.

Vier nuwe klaskamers is in 2017 by die laerskool aangebou.

Een van die vier nuwe klaskamers wat in 2017 by die laerskool aangebou is.