Die CSV (Christelike Studentevereniging) is baie aktief by HSB. Elke jaar word daar ‘n aantal kringleiers uit graad 11 en graad 12-leerders gekies, asook ‘n voorsitter. Ander leerders (gr.7-12) kan dan aansluit by die CSV en word by groepies ingedeel. Elke groepie kry ‘n kringleier.
Die CSV het ongeveer tien saalbyeenkomste in ‘n jaar. In die saalbyeenkomste word daar gesing en in kringe verdeel. Die lessies wat behandel word, word deur ‘n dominee uitgewerk en hy behandel dit met die kringleiers.
Gedurende die jaar het die CSV ook verskeie projekte. Voorbeelde van die projekte is ‘n muntlegging, ‘n herbergprojek en Run4Jesus.
Die CSV reik ook elke jaar uit na instansies soos Herfsvreugde Ouetehuis en Bonnie People Project.
Skakelonderwysers
Mnr. Cobus de Beer
cdebeer@hsbonnievale.co.za
Me. Sunel de Beer
sdebeer@hsbonnievale.co.za