Koshuis


Huis Kalie Heese-koshuis bied verblyf vir leerders en grens aan die skool. By die koshuis word gepoog om vir leerders ‘n huis-weg-van-die-huis te skep. Dissipline word streng gehandhaaf.

 

eetsaal

Die koshuis beskik oor ‘n kombuis, eetsaal, waskamer, studiesaal en afsonderlike kamerblokke en bad- en stortgeriewe vir meisies en seuns. Elke kamer bevat vier beddens. Die hoofmeisie en -seun slaap elkeen in hul eie kamer. In die eetsaal is ‘n televisie waar leerders in hul af tyd kan ontspan.

 

Die studiesaal is toegerus met lugverkoeling. Leerders het Maandae tot Donderdae ‘n verpligte twee-en-‘n-half uur per dag studietyd onder toesig van ‘n onderwyser. Leerders kan ook ekstra studietyd neem indien nodig.

 

 

Superintendent


Mnr. Rian Boshoff
072 499 7553
rboshoff@hsbonnievale.co.za

 

Matrone


Me. Annette Swanepoel
071 867 4071

 

Aanwysings

 

Koshuisgelde

Bedrae by die skool se Finansiële Kantoor beskikbaar by 023 616 2160 of finansies@hsbonnievale.co.za.

Betalings kan na die volgende bankrekening gedoen word:

Bankbesonderhede:
Bank: ABSA
Rekeningnommer: 780180218
Takkode: 632005