Sportvelde en -bane


Die skool se sportfasiliteite word in die beste moontlike toestand gehou om te sorg dat ons leerders hul sporttalente voluit kan verwesenlik. Twee rugbyvelde en een krieketveld met krieketnette is beskikbaar.

Die skool het agt netbalbane. Vier van die netbalbane word in die somerseisoen na tennisbane verander.

Die skool het ‘n 33m-swembad wat vir swem en tweekamp gebruik word. Privaatlidmaatskap is ook beskikbaar (navrae by die Finansiële Kantoor by 023 616 3409 of finansiesB@hsbonnievale.co.za).

Die klubhuis (Els Huis) is in 2012 opgerig. Dit het ‘n binnebraai, toilette en ‘n kombuis-anneks. Die klubhuis kan vir privaatfunksies gehuur word (kontak die algemene kantoor by 023 616 2160 of admin@hsbonnievale.co.za).