Visie en Missie


Hoërskool Bonnievale is ‘n gekombineerde (gr.1-12) openbare skool. Ons streef daarna om onderrig en opvoeding van hoogstaande gehalte aan ons leerders te bied. Hier probeer ons om ons leerders vir die wêreld buite die skool voor te berei; daarom stel ons hulle vroeg reeds bloot aan ‘n wye verskeidenheid verantwoordelikhede en ervaringe.

Hoërskool Bonnievale is sterk akademies gerig. Ons behaal jaarliks uitstekende akademiese uitslae in die Nasionale Senior Sertifikaateksamen.

Ons beskou onsself egter as ‘n gebalanseerde skool waar daar in sport en kultuur ook op ‘n gereelde basis skitterende prestasies op plaaslike, provinsiale, nasionale en selfs internasionale vlak gelewer word.

Ons visie is om die onderwysprogram so saam te stel dat elke kind se geestelike, verstandelike en fisiese vermoëns optimaal binne ‘n veilige omgewing ontwikkel.

Ons missie is:

  • Om Christelike waardes en norme by leerders aan te moedig en uit te leef…
  • Om lojaliteit en eerbied teenoor die land en sy inwoners te ontwikkel…
  • Om respek vir gesag, orde en dissipline te ontwikkel…
  • Om goeie verhoudinge binne die skool, asook tussen die skool en die gemeenskap te bevorder…
  • Om ‘n positiewe beeld van die skool te handhaaf en uit te dra…
  • Om ‘n omgewing te skep waarin die kind hom positief in die lig van bogenoemde kan uitleef…

Sodat al ons leerders hulle volle potensiaal as volwassenes sal realiseer.